
=====================================================================
'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Ek is Afriknse Euro-Afrikaan'

Willie Esterhuyse   s dis onsin dat in hierdie land geen plek of rol vir Euro-Afrikane is nie. 'n Mens soek en vind dit hoofsaaklik self. 
DAAR is 'n invloedryke minderheidsgroep in die VSA wat hulleself onbeskaamd "Afro-Amerikaners" noem. Niemand kan oor hulle Amerikaansheid 
twyfel nie. Die VSA is hulle vaderland; hulle praat die taal van hulle vaderland; is gedoop in die kultuur van hulle woonland; en gestempel 
deur die waardes wat di magtige land se ekonomie inspireer.

Maar hulle is "Afro-" -- nie skaam vir hulle Afrika-wortels nie. Ook nie vir hulle kleur nie. Toegegee. Daar is geen heimwee na di lande 
waarheen hulle wortels reik nie. Maar ook geen ontkenning nie. Wel erkenning en waardering. Ook solidariteit met die wel en wee van die 
kontinent waarmee hulle geskakel is. Al weet hulle nie aldag hoe om dit te verwerk of te vertolk nie.

"Afro-Amerikaan" is vir hulle 'n eretitel. Dit vertel iets van hulle identifikasies. Soms tree dit wel op as 'n politieke credo in 'n 
wreld waarin dit allermins maklik is om swart te wees. Maar dis nooit bloot 'n le slagspreuk nie. Dit gee hulle trouens as 
minderheidsgroep ook spiere.

Dis op di voetspoor dat ek nie anders kan as om 'n Euro-Afrikaan te wees nie. 'n Afriknse Euro-Afrikaan. Ek kan niks daaraan doen dat 
die meerderheid in die land my 'n Afrikaner noem nie -- wat in hulle monde ook niks meer behels nie as om deel te wees van die wit trop wat 
Afrikaans praat. Daarom is selfs Marius Schoon, onlangs oorlede, in   die huldeblyke 'n Afrikaner. Soos Bram Fischer en   John Vorster dit 
ook was.

Di inklusiewe benoeming skeel my weinig. Met dien verstande dat dit geen afbreuk doen aan die feit dat ek 'n Euro-Afrikaan is nie. Ek 
leef, dink, praat en skryf vanuit my ervaring van Euro-Afrikaan n Afrikaans te wees. Selfs nie die reaksionre en politieke voorbokke in 
my trop wat iets "spesiaals" en selfs mistieks in Afrikaner wees wil lees, kan hierdie ervaring beduiwel nie.

Van my wortels l in Europa. Sommige aangevreet deur die tand van die tyd. Ek voel nie sleg of skaam oor hierdie wortels nie. Eerder bly. 
Dat ek in Utrecht gestudeer het en 'n bewonderaar van die Europese kulturele erfenis is, gee my nie 'n enkele slapelose nag nie. Dit maak 
my nie minder Afrikaan as van my kamerade wat vir 'n groot deel van hulle lewe in Lusaka gewoon het nie.

Ek het geen hunkering om te gaan woon in die land waarheen sommige van my wortels reik nie. Daarvoor is my wortels in my geboorteland te 
diep en sterk. Ek deel met Afro-Amerikaners 'n solidariteit met Afrika en haar wel en wee. Die verskrikking van stryd en oorlog op ons 
kontinent laat my nie s dat dit maar is soos Afrikane is nie. Want ek is self 'n Afrikaan en weet dit kan anders wees. Ek treur oor die 
pyn en wanhoop in Afrika en verpes Afro-pessimiste. Die flitse van hoop en vryheid wat daar ook in Afrika is, stem my tot dankbaarheid.

Wat dit alles vir my as witmens inhou noudat wit politieke mag in sy peetjie is, weet ek nie aldag nie. Ek weet wat vrees vir die toekoms 
beteken. Talle dinge grief my. Maar ek gaan nie toelaat dat ander -- of ek self -- my eenkant stoot of "marginaliseer" nie.

Trouens, elke dag is vir my 'n ontdekkingsreis wat my mense laat ontmoet wat ek nooit geweet het in hierdie land bestaan nie. Soos onlangs 
by Tafelberg/Mafube se bekendstelling van 'n boek. Ons "bleekgesigte" was maar dun gesaai. Jy kon jou minderheidsposisie as bleekgesig voor 
jou o sien staan. Maar dan die ervaring -- almal probeer met jou Afrikaans praat! Krom in sommige gevalle, maar praat in Afrikaans het 
hulle probeer. Dieselfde het by die kongres van die Black Management Forum gebeur. Dis onsin dat daar hier geen plek of rol vir Euro-
Afrikane is nie. En nog groter onsin is dat die Regering moet s wat daardie plek of rol moet wees. 'n Mens soek en vind dit hoofsaaklik 
self. Al is dit geen Sondagskoolpiekniek in 'n land soos Suid-Afrika nie.

Wat van Afrikaans? Kan 'n mens erkenning kry as Afriknse Euro-Afrikaan? Word ons taal dan nie teruggedruk tot op die agterbanke nie?

Die debat oor die bemagtiging van Afrikaans en Afrikaanstaliges -- en, let wel, nie die handhawing van Afrikaans nie, want dis 'n oude doos 
taktiek -- is by ons nog nie eens in die wegspringblokke nie. Of liewer -- terwyl die debat self sukkel om aan die gang te kom, vind daar 
reeds bemagtiging plaas. Soos op Oudtshoorn en Potchefstroom. Weliswaar nog net flitse van wat gedoen kan word, maar aktiwiteite wat die 
kiemselle vir groter dinge in hulle dra.

Voer die regte mense die debat? Oor die regte sake? Ook dit is te betwyfel. Van die tonge wat oor Afrikaans praat, sukkel om los te kom van 
uitgerafelde ideologiese idiome, reaksionre retoriek, persoonlike obsessies en vooroordele soos Afro-pessimisme.

Wie vandag die taalleiers moet wees wat ons kan help om skop aan ons deel-van-Afrika-wees te gee, is glad nie vanselfsprekend nie. 
Dieselfde geld vir die instellings en organisasies wat as die voertuie van nuwe inisiatiewe moet dien. Ons swig ongelukkig nog steeds voor 
die versoeking om te meen dat vernuwende transformasie niks meer is nie as die saamgooi van hardhorende en soms hardlywige bestaande 
organisasies. Op 'n uitsondering of twee na het die meeste organisasies wat sogenaamd Afrikaans en die Afrikaanse kultuur se belange op die 
hart dra, dieselfde gebly in 'n omgewing wat deur vernuwing en omvorming gekenmerk word.

Hoe ons moet praat, en waaroor alles, ten einde Afrikaans en sy gebruikers te bemagtig, is weliswaar iets wat ons voel-voel en stamp-stamp 
sal moet onderneem. En saam met die nuwe geslag. Want sonder hulle deelname n leiding is elke poging tot mislukking gedoem.

Hopelik sal so iets ons bring by 'n Afrikaanse Netwerk bestaande uit mense met bruisende bloed in hulle are, en nie kalk nie. Nie 
kantoorsitters en konferensiegangers nie, maar straatlopers en vlagswaaiers. Veral nie taalbulle nie. Spaar ons dit! Ons het nie meer tyd 
of plek vir mense wat hulle ego's met behulp van taalstryde masseer nie. Afrikaans en die bemagtiging van sy gebruikers soek mense wat kan 
mobiliseer; wat netwerke tot binne die regerende elite kan opbou; wat jong mense kan inspireer; wat "gees" aan ons kultuur kan gee; wat 
organisatoriese spiere kan ontwikkel.

Waaroor dit gaan, is die vraag: Hoe kan Afrikaanse Euro-Afrikane en ander Afrikane wat vir Afrikaans omgee, hoe kan ANC-ers, NNP-ers, UDM-
ers, DP-ers, PAC-ers en ander wat Afrikaans is, in 'n taal- en kultuurnetwerk by mekaar betrokke raak ter wille van die bemagtiging van 
Afrikaans saam met ander tale?

As so iets nie moontlik is nie, wag daar moeite en verdriet vir Afrikaans. Prof. Willie Esterhuyse   is filosoof, politieke analis en 
verbonde aan die Bestuurskool van die Universiteit van Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av611.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

